Varsity Cup | Home

Nou’s elkeen ‘n móét-wen vir Pukke

Hannes Esterhuizen, hoofafrigter van die FNB NWU-Puk, het gesê dat sy span hulself in die steek gelaat nadat hulle Maandag 18-38 teen UFS-Shimlas verloor het.

Die vyf drieë wat sy span afgestaan het, waarvan drie verdoel was, en die twee strafskoppe  betek dat Puk weens hul eie toedoen met die spreekwoordelike een voet in ‘n graf  staan .

Vir sowat 30 minute was Shimlapark in stilte gehul - soos  die een aanslag op  die deur die besoekers geloods  is.

Ondersteners moes dedink het dat daar ampers ‘n dekade se oorheersing voortgesit  word.

Dit was egter die tuisspan wat ‘n halftyd-voorsprong van 12-0 geniet het, hoewel ‘n prag breekslag deur Sylvian Mahuza en die daaropvolgende drie deur SW Oosthuizen hoop vlugtig  in die tweede helfte laat opvlam het .

Shimlas se woelige skrumskakel, Renier Botha, vleuel, Maphutha Dolo, heelagter Nico Scheepers en  losskakel Pieter-Steyn de Wet het daarna Pukke   moedeloos gelaat.

Bloos? Vuisvoos geslaan? Kies maar een; punt is dat die telling teen dié tyd 38-8 gelees het voor Hofmann Maritz en Sylvian Mahuza vir twee troosprys -drieë gesorg het.

"Dat ons nie dit lewer waartoe ons in staat is nie, is vir my ‘n bitterder pil om te sluk as ons wenrekord teen Kovsies-hulle wat nou nie meer so goed lyk nie," het ‘n mismoedige Esterhuizen gesê.

Dis nie net hy nie, sy span voel dieselfde. "

Ek wens ek kan vir ons ondersteuners wys hoe teleurgesteld was die ouens na afloop van die wedstryd in die kleedkamer. Hulle weet hulle is tot baie beter in staat en hulle wil wys hulle is tot beter in staat.

"Ons  het deur volgehou druk Shimlas se rûe teen die muur gehad, maar ons kon hulle nie daar hou nie. Ons sal daaraan moet werk."

So jaar of drie terug was ‘n wedstryd teen NMMU soos water in Potch: mens  was nie daaroor bekommer nie.

‘n Gros droëbekke sal egter kan getuig dat dinge vinnig kan verander.

FNB NMMU se transformasie van bodemskrapers tot moordvisse is merkwaardig. Basta met die houtlepel, vanjaar het hulle aan FNB Wits, FNB UFS-Shimlas en FNB UJ geknibbel, terwyl hulle deur ‘n skokbeslissing van ‘n historiese sege oor Maties (13-8) ontneem is. Daarbenewens het hulle ‘n 5-5 gelykopuitslag teen Ikeys afgedwing.

"NMMU sit met ‘n uitstekende afrigtingspan en ‘n goeie groep spelers. Die Kings se bevordering tot die Super Rugby-reeks beteken ook nou dat die ouens speel vir ‘n plek in die Kings se groep, dis ‘n groot geelwortel vir hulle. Dan het hulle ook ‘n kolossale pak voorspelers wat die grondslag vir hul puik vertonings lê. Dis hier waar ons hulle sal moet aanvat," het Esterhuizen gesê.

"Ons moet net nie paniekerig raak nie. Ek as afrigter ondersteun hierdie groep spelers ten volle. Dis nou die tyd vir vertroue, dit is nou die tyd om terug te baklei."

Die kryt is gereed, toue is gespan, 12 rondes met alles op die spel. Die klok lui 17:00 Maandagaand op die Fanie du Toit.

Joomla Random Flash Module by DART Creations