Olienhout stap voor
Steinhoff Olienhout het sy onoorwonne status behou deur Steinhoff Taaibos 12-3 te klop in die tweede rondte van die Steinhoff UP-Tuks Koshuisrugby op Dinsdag.

Na al die roes afgespeel is van die vorige week se eerste rondte rugby kon daar gesien word dat die Steinhoff Tuks Koshuisrugby van 2013 weer baie goeie rugby gaan oplewer. Dit is juis gewys met baie harde rugby wat gespeel is en net een span het hierdie keer baie vêr gewen.
Steinhoff Sonop en Steinhoff Maroela het 6 elk gelykop gespeel. Steinhoff Mopanie(wat Tuks verteenwoordig tydens die Steinhoff Koshuis Championship) het maklik met Steinhoff Kiaat afgereken 62-0. Die ander onwoorwonne span is Steinhoff Kollege. Hulle het Steinhoff Olympus 23-18 verslaan.
Die laaste rondte wedstryde van die eerste kwartaal vind plaas op Dinsdagaand 19 Maart.














